Welkom by die webwerf van die Universiteit van Pretoria se Departement Elektriese, Elektroniese en Rekenaaringenieurswese
Tegnologiese ontwikkeling en ook die toepassings en bestuur daarvan is noodsaaklik vir die skepping van welvaart in enige land. Hier by die Departement Elektriese, Elektroniese en Rekenaaringenieurswese van Tuks, is ons besonder goed toegerus om aan voornemende ingenieurs die nodige opleiding en kennis te voorsien om hulle in staat te stel om ‘n sinvolle bydrae op hierdie gebied te lewer. Die Departement is nie net die grootste in die land nie, maar hy bied ook die grootste getal spesialiseringsvelde. Die Departement het unieke bande met die bedryf en een van die voordele wat dit vir studente inhou, is die feit dat daar ‘n aanvraag na hulle bestaan; nie slegs in die plaaslike mark nie, maar ook in die buiteland.