University of Pretoria English  |   Afrikaans
Elektriese, Elektroniese en Rekenaar-Ingenieurswese
Operasionele / Interne Tuisblad

Gebruikreëls vir alle voorgraadse labs

Alle studente wat enige van die voorgraadse laboratoria in die Departement Elektriese, Elektroniese en Rekenaar-Ingenieurswese gebruik, let op die volgende gebruiksreëls.

• Kos in die labs. Geen kos word in die laboratoriums toegelaat nie.

• Musiek in die labs. Geen radios of enige ander toestelle wat musiek voortbring word in die labs toegelaat tydens geskeduleerde praktika nie. Op ander tye mag sulke toestelle alleenlik met oorfone gebruik word. Selfs wanneer met oorfone geluister word, gebruik baie mense klankvlakke wat so hoog is dat dit steeds hinderlik is vir ander. Luister teen hierdie klankvlakke word ook nie in die labs toegelaat nie.

• Luide stemme of ander lawaai in die labs. Die laboratorium is ʼn leeromgewing en studente sal nie toegelaat word om ander te pla nie.

• Gedrag in die labs. Geen swak gedrag sal in die laboratorium geduld word nie.

• Kleredrag in die labs. Vir sekuriteitsdoeleindes mag geen pette of hoede in die laboratorium gedra word nie.

• Studentekaarte. Vir sekuriteitsdoeleindes moet studentekaarte te alle tye opsigtelik gedra word in die labs.

Klagteprosedure. Studente wat insidente of nie-toepassing van hierdie reëls wil rapporteer, moet 'n epos stuur of die insident persoonlik rapporteer aan mnr Henry O'Kennedy, so gou as moontlik na die insident, of binne 24 uur nadat die insident plaasgevind het. Voorsien detail soos die aard van die insident, tyd, plek and name van betrokke studente, waar beskikbaar.